Die ANC is Maandag tot in sy fondamente geskud toe hy beheer oor twee metro’s in die land verloor het.
Dít volg nadat opposisiepartye, ondanks hul verskillende ideologiese standpunte en sonder ’n koalisieooreenkoms, saamgespan het om die ANC in verskeie metro’s te ontsetel.
Die dag het aanvanklik goed vir die ANC begin. In die Nelson Mandelabaai-metro is die ANC-raadslid Eugene Johnson net-net tot burgemeester verkies.