ANC-personeel dreig weer met stappe omdat hulle glo nie hul Julie-salaris ontvang het nie.
Dit raak sowat 200 werkers, sê Mvusi Mdala, voorsitter van die komitee wat die ontevrede personeel verteenwoordig.
Hy sê die komitee sal voor die einde van aanstaande week bymekaarkom om te besluit watter stappe gedoen gaan word om die probleem op te los.