ANC-werknemers wat al maande nie hul salarisse kry nie, wil die party nou voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) daag.
Dit is maar net een van die regerende party se probleme terwyl politieke partye weier om met hom in koalisies te tree in die sowat 66 rade waar geen party in die plaaslike verkiesings ’n volstrekte meerderheid kon behaal nie.
Die ANC het boonop die swakste nóg by die stembus gevaar en minder as 50% van die proporsionele steun landwyd op hom verenig.