Die ondersoek van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) na die Phala Phala-sage is belangrik omdat daar gou soveel moontlik lig daarop gewerp moet word, sê kenners.
Hoewel die ondersoek op die optrede van die polisie ten opsigte van die diefstal sal fokus, sal daar in die proses dalk ook ander oortredings oopgevlek word, het dr. Johann Burger, ’n polisiekenner, Vrydag gesê.
“ ’n Mens dink hier aan die bewerings dat beheermaatreëls oor buitelandse valuta oortree is en dat die gesteelde geld nie aan die belastinggaarder verklaar is nie,” sê Burger.