Die ATM-party sal nie huiwer om die howe te nader om die parlement te dwing om LP’s in die komende mosie van wantroue teen pres. Cyril Ramaphosa toe te laat om in die geheim te stem nie.
Volgens Vuyolwethu Zungula, ATM-president, is dit omdat alle LP’s nie met hul “gewete” teen Ramaphosa sal kan stem as dit deur middel van ’n oop stemproses gedoen word nie.
Zungula het bygevoeg dat hoewel sy party nog nie amptelike bevestiging van Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), se kantoor gekry het oor die stemproses wat in die debat en stemmery volgende Donderdag gebruik sal word nie, het hy reeds “inligting ontvang dat die speaker teen ’n geheime stemmery gekant is”.