Pres. Cyril Ramaphosa was glo “platgeslaan” en vasbeslote om te bedank voordat sy vertrouelinge in die ANC hom Donderdag oorreed het om liewer die onafhanklike paneel se verdoemende Phala Phala-verslag te laat hersien.
Rapport verstaan dat Ramaphosa Vrydag sy regspan opdrag gegee het om môre ’n dringende hofaansoek te begin om die onafhanklike paneel se artikel 89-verslag te laat hersien.
In die verslag, onder voorsitterskap van die afgetrede hoofregter Sandile Ngcobo, is bevind daar is genoeg gronde om die president moontlik in ’n staat van beskuldiging te stel oor die omstandighede rondom die diefstal op sy Phala Phala-wildplaas in Februarie 2020.