Die likwidateurs van VBS Mutual Bank wag nou vir die balju om “sy werk te doen” deur op die roerende bates van oudpres. Jacob Zuma beslag te gaan lê.
Die balju van die landdroshof in Eshowe, wat onder meer Nkandla bedien, het Vrydag bevestig hy het ’n lasbrief ontvang om op die bates beslag te gaan lê.
Hy wou egter nie aan Netwerk24 sê wanneer hy van plan is om die lasbrief uit te voer nie.