Die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) het Vrydag gesê die party hou sy opsies oop en sy raadslede in Kannaland gaan voort met hul werk soos wat deur die kiesers van hulle vereis word.
Jeffrey Donson, die party se president, dink ook die misdaadrekords van alle raadslede en parlementslede moet bekyk word.
Donson, ook burgemeester van Kannaland, Werner Meshoa, onderburgemeester, ook van Icosa, en Hyrin Ruiters, Icosa se raadslid in die Garden Route-distriksmunisipaliteit (GRDM), is Woensdag in ’n mosie van wantroue op ’n dringende raadsvergadering in Kannaland uit hul poste gestem.