LP’s moet die nuwe parlementêre ondersoek na die lewens- en werkomstandighede van plaasbewoners, plaaswerkers en boere sonder ’n vaste opinie benader.
Dít was Vrydag die pleidooi van Tamarin Breedt, VF Plus-LP, in ’n gesamentlike sitting van die parlementêre portefeuljekomitees oor indiensneming en arbeid en landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.
“Die ondersoek het nie ten doel om foute te vind nie, maar om terugvoering te gee oor die vordering en uitdagings op plase,” het Breedt gesê.