Daar moet ’n oudit van alle grond gedoen word en die regering moet die proses versnel om grond aan Khoi- en San-gemeenskappe te herstel.
Alle bestaande eise deur dié gemeenskappe moet ook versnel word.
Dit was van die resolusies wat gekom het uit ’n nasionale beraad oor kommunale grondbesit wat oor twee dae in Boksburg gehou is.