Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het in sy eerste verslag aanbeveel dat die regering planne moet beraam om fluitjieblasers te beskerm en te vergoed.
Waarnemende hoofregter Raymond Zondo het aanbeveel dat die regering wetgewing indien of bestaande wetgewing verander sodat fluitjieblasers genoegsaam beskerm kan word, soos bepaal deur art. 32(2) van die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie.
Dit geld enige persoon wat inligting onthul wat korrupsie, bedrog of onbehoorlike invloed in openbare verkryging blootlê.