Die polisieminister het die landbougemeenskap die harnas ingejaag toe hy vandeesweek gesê het boere wat onwettige buitelanders in diens neem, bemoeilik die polisie se werk.
Bheki Cele, ander hoëlui in die polisie en belanghebbendes uit die landbougemeenskap, tradisionele leiers, plaaswerkers en plaaswerkervakbonde het Maandag en Dinsdag ’n beraad oor landelike veiligheid in Parys in die Vrystaat bygewoon.
Die doel van die beraad was om ’n komitee te stig om oplossings te vind vir veiligheidsprobleme in landelike gemeenskappe en om die vordering van die inwerkingstelling van die nasionale landelike veiligheidstrategie te monitor. Dié strategie is in 2019 van stapel gestuur.