Indien Lebogang Maile vandag ’n haas uit die hoed pluk en vir Panyaza Lesufi verslaan om as Gautengse voorsitter van die ANC verkies te word, sal dit ’n gevoelige slag vir pres. Cyril Ramaphosa in sy tuisprovinsie wees.
Maile, Gauteng se LUR vir plaaslike regering, het die afgelope week die steun van sowel die Ekurhuleni- as die Tshwane-streek, die twee grootste ANC-streke in Gauteng, se leierskorps gekry.
Lesufi, Gauteng se omstrede LUR vir onderwys, geniet weer die steun van die Sedibeng- en Johannesburg-streke.