Beurtkrag moet tot die laer fases beperk en op medium- tot lang termyn heeltemal uitgefaseer word.
Pres. Cyril Ramaphosa en die res van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Eskom dié opdrag op hul jongste vergadering gegee.
Die besluite wat geneem is op die NUK se vergadering, wat van Saterdag tot Maandag gehou is, is Dinsdagmiddag bekend gemaak.