Aandele wat pres. Cyril Ramaphosa saam met die Glencore-mynmaatskappy gehad het, kon as ’n sleutel-onderhandelingstrategie gebruik word om Eskom te dwing om duurder vir steenkool te betaal.
Dít was Dinsdag die aantyging van Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, in sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
Molefe het aangevoer Glencore wou sy prys vir steenkool van die Optimum-steenkoolmyn, wat aan die Hendrina-kragstasie in Mpumalanga steenkool gelewer het, opstoot van R150 per ton tot R530 per ton.