Cyril loop deur aan talle fronte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Daily Sun
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Daily Sun

LEES OOK: Valke ondersoek ál Fraser se beweringe op Phala Phala, sê Cele

Alle bewerings wat Arthur Fraser, voormalige spioenbaas, in sy strafregtelike klagte teen Ramaphosa maak, word tans deur die Valke ondersoek, het Bheki Cele, minister van polisie, in ’n parlementêre vraag bevestig. 

Cele erken in nóg ’n parlementêre vraag dat hy ook nie onmiddellik van die beweerde diefstal van miljoene dollars in ’n inbraak in Februarie 2020 op Ramaphosa se wildplaas Phala Phala in Limpopo ingelig is nie. Dit is waarom dit nie in die polisie se jaarverslag vir die betrokke tydperk genoem word nie.

Andrew Whitfield, DA-LP en -woordvoerder oor polisie, wou weet of enige ondersoeke teen Ramaphosa intussen deur die polisie begin is na die moontlike oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad en/of die skending van regulasies oor buitelandse valuta. 

Cele het geantwoord die Valke het bevestig dat hulle ’n strafregtelike saak met betrekking tot Fraser se bewerings ondersoek. Fraser beweer onder meer dat Rama­phosa nie die diefstal destyds by die owerhede aangemeld het nie.

“Die sistemiese soektog na die waarheid sal bepaal watter roete hulle (die Valke) daarmee volg. 



“Wanneer die ondersoek afgehandel is, sal die dossier verwys word na die nasionale vervolgingsgesag, wat ’n besluit oor vervolging moet neem.”

Volgens Cele is die Valke se ondersoek op 1 Junie begin en dit duur nog voort.

Whitfield wou in nog ’n parlementêre vraag weet of Cele en die polisie se eenheid vir die beskerming van baie belangrike persone al oor die diefstal ingelig was teen die tyd dat die polisie se jaarverslag vir 2019-’20 uitgereik is.

Cele sê in antwoord daarop Phala Phala is toe nog nie deur die presidensiële beskermingsdienste beskerm nie.

“Die Phala Phala-plaas het eers laat in 2020 die verantwoordelikheid van die polisie geword en daarom is dit eers in die eerste kwartaal van 2021-’22 by die verslagdoening ingesluit,” voeg Cele by.

Intussen sê Ramaphosa in hofstukke wat tans voor die hooggeregshof in Kaapstad dien hy gee sy volle samewerking in al die ondersoeke na Phala Phala wat tans aan die gang is. – Llewellyn Prince 



Marikana: ‘CR onregverdig geteiken’

Pres. Cyril Ramaphosa word weens die verpolitisering van die Marikana-slagting onregverdig geteiken en uitgesonder om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar, sê die presidensie. 

Dié instelling het op ’n uitspraak deur die hooggeregshof in Johannesburg gereageer wat daarop neerkom dat Ramaphosa ’n saak het om te antwoord in verband met die Marikana-slagting in 2012. 

Adv. Dali Mpofu SC verteenwoordig 329 mynwerkers wat ’n aansoek ingedien het waarin hulle skadevergoeding van meer as R1 miljard van Ramaphosa, Sibanye-Stillwater (voorheen Lonmin) en die regering eis. 

In Augustus 2012 het die polisie 34 stakende mynwerkers naby Marikana in Noordwes doodgeskiet en baie ander is beseer en in hegtenis geneem. Ramaphosa was destyds in Lonmin se direksie. 

Die EFF verwelkom die uitspraak in ’n verklaring en beskryf dit as ’n stap in die regte rigting. 

Ramaphosa en Sibanye het onderskeidelik agt en tien besware teen die aansoek uiteengesit.

Regter Frits van Oosten het vier van Ramaphosa se besware gehandhaaf en een van die hand gewys, terwyl daar later oor die oorblywende drie besware beslis sal word. 

Die aansoekers beweer die tragedie het gespruit uit druk wat Rama­phosa glo uitgeoefen het en wat uiteindelik oorgedra is aan die polisiemagte op grondvlak. 

Daar word verwys na e-pos-korre­spondensie en bewerings dat Rama­phosa regstreeks oproepe gemaak het na die minister van polisie en die minister van minerale hulpbronne.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.79
-1.0%
Rand - Pond
20.26
-0.0%
Rand - Euro
17.08
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,775.15
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
2,130.50
0.0%
Platinum
937.50
0.0%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,114
+1.3%
Alle aandele
69,519
+1.2%
Hulpbronne 10
64,042
+2.5%
Industriële 25
84,928
+0.3%
Finansiële 15
15,675
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos