Pres. Cyril Ramaphosa is onder skoot weens die peperduur huur van ’n vliegtuig teen sowat R1,6 miljoen om hom en ’n afvaardiging na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) te neem.
Die DA het Maandag ’n beroep op Ramaphosa gedoen om die publiek om verskoning te vra weens dié “vermorsing van belastingbetalers se geld”.
Vroeër het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) die vlug in ’n verklaring verdedig.