Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag ná sy aankoms in die Franse hoofstad, Parys, vir pres. Emmanuel Macron se Beraad oor die Finansiering van Afrika-ekonomieë bilaterale gesprekke met verskeie van sy ampsgenote in Afrika gehad.
Hy het eerste ’n afspraak met die Demokratiese Republiek se pres. Félix Tshisekedi, voorsitter van die Afrika-Unie (AU), gehad. Ramaphosa was voor Tshisekedi die AU-voorsitter.
Daarna het hy ook met Angola se pres. João Lourenço, pres. Alassane Ouattara van die Ivoorkus en Senegal se pres. Macky Sall gepraat.