Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, se planne vir ’n R22,5 miljoen-vlagpaal is slegs gekelder ná volgehoue druk en groot ongelukkigheid in ANC-geledere.
Mthethwa het Donderdagoggend in ’n verklaring aangekondig dat hierdie projek, waardeur sy departement ’n vlagpaal van 120 m in Pretoria wou oprig om “nasiebou te bevorder”, hersien gaan word nadat hy kennis geneem het van die “openbare diskoers” rondom die projek.
Rapport verneem egter dat Mthethwa vasbeslote was om sy gek plan deur te voer en dat dit geweldige druk van sy kollegas gekos het om hom van sy paal te laat afsien.