Die DA gaan sy beleërde burgemeester in Tshwane, Stevens Mokgalapa, voor ’n tugverhoor van die party se federale regskommissie daag.
John Steenhuisen, tussentydse partyleier, het Maandag só gesê in Kempton Park, Ekurhuleni, waar hy sy “Real State of the Nation-toer” van stapel laat loop het.
Mokgalapa sal geleentheid hê om sy saak te stel oor ’n stemopname wat uitgelek het waarin die burgemeester gehoor kan word waar hy met die stad se oud-burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Sheila Senkubuge, praat.