Die DA in die Wes-Kaap het Vrydag ’n wantrouemosie teen sy eie speaker in die provinsiale wetgewer ingedien.
Dié mosie teen Masizole Mnqasela kom nadat hy geskors is uit alle party-werksaamhede van die DA hangende ’n ondersoek na beweerde korrupsie en bedrog met reis- en verblyf-eise.
Mnqasela hou vol hy is onskuldig.