Dit is ’n “desperate leuen” dat die DA gholfbane in Kaapstad wil sloop om “krotbuurte te skep”, sê Cilliers Brink, DA-LP.
Brink, woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, sê Kapenaars hoef net na die party se baanrekord oor die afgelope 15 jaar te kyk “om te sien dat die DA nooit sport- en ontspanningsgeriewe van ’n gemeenskap sal wegneem nie”.
“In werklikheid is daar geen beter plek as Kaapstad om in eiendom te belê nie, juis omdat die DA private eiendomsregte beskerm.”