Die DA sluit nie die moontlik uit dat sy mosie van wantroue in die hele kabinet, buiten in pres. Cyril Ramaphosa, sal slaag nie, sê John Steenhuisen.
Die DA-leier het Dinsdag by navraag gesê hulle sal moet wag en kyk wat op die dag gebeur wanneer LP’s in die parlement oor die wantrouemosie stem.
“Ek dink as die mense, insluitend die ANC, daaroor nadink, sal hulle besef dat die kabinet nie die land goed gedien het nie,” het Steenhuisen gesê.