Die DA in die Wes-Kaap gaan Woensdag ’n optog na die ANC se provinsiale kantore hou uit protes teen beurtkrag, kaderontplooiing en korrupsie.
Dit sal saamval met die DA se optog na Luthuli-huis, die ANC-hoofkantoor in Johannesburg, die oggend.
Die betogers gaan om 12:00 in Darlingstraat, Kaapstad, byeenkom en na die ANC se kantore in Adderleystraat stap.