Die regering se vereiste dat slegs ondernemings wat aan swart ekonomiese bemagtiging (SEB) voldoen uit die uitbetalings van die Covid-19-verligtingsfonds sal voordeel trek, is nou by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) aangemeld.
John Steenhuisen, waarnemende leier van die DA, het ’n petisie aan Kristalina Georgieva, die IMF se besturende direkteur, gestuur waarin hy kla oor die regering se riglyn dat geldelike hulp slegs aan ondernemings uitbetaal sal word wat aan sekere raskriteria voldoen.
Die grootste gedeelte van die verligtingsfonds se geld kom van ’n lening wat die regering met die IMF aangegaan het.