Afgevaardigdes by die DA se kongres het Saterdagmiddag teen ’n mosie van Mbali Ntuli, een van die tweede kandidate in die DA se leierskapstryd, gestem dat die party ’n adjunkleier moet kry.
61% van die meer as 2 000 kongresgangers het gestem teen die mosie van Ntuli, wat met John Steenhuisen meeding om die DA se leier te word. Ntuli het gesê ’n adjunkleier kan die druk op die party se hoofleier verlig en hom of haar bystaan.
Jane Sithole, DA-leier in Mpumalanga, Fred Nel, ’n DA-lid van die Gautengse provinsiale wetgewer, en Jacques Smalle, DA-leier van Limpopo, het onder andere daarteen gewaarsku.