John Steenhuisen, DA-leier, sê politici moet ingeligte besluite kan neem, en daarom is kritiek oor sy feitesending na Oekraïne “kortsigtig”.
Die DA-leier was die aflope ses dae in Oekraïne, grootliks in en rondom die hoofstad Kiëf, om hom van die situasie in dié oorloggeteisterde land te vergewis.
Sy besoek is wyd afgemaak as ’n publisiteitsfoefie.