Daar is niks “sinisters of snaaks” aan haar bedanking ná jare as DA-LP nie, sê Annette Steyn.
Netwerk24 het vroeër berig dat sy as LP bedank en einde vandeesmaand uit die politiek gaan tree.
Steyn het Vrydag aan Netwerk24 gesê die rede vir haar bedanking is omdat sy wil teruggaan plaas toe om weer by die landbou betrokke te raak.