Die DA het die Verenigde Nasies (VN) genader oor die ANC-regering se poging om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Dr. Annelie Lotriet, parlementêre koukusleier van die DA, het Maandag in ’n verklaring gesê die DA het ’n voorlegging aan die VN se Raad vir Menseregte oor die kwessie gedoen.
“Ons versoek dat die raad dit oorweeg om ’n resolusie aan te neem en ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering te doen om sy menseregteverpligtinge ingevolge die internasionale reg na te kom deur nie prosesse na te jaag wat sal inbreuk maak op Suid-Afrikaners se eiendomsreg nie,” sê Lotriet in die verklaring.