Mbali Ntuli, wat meeding vir die pos as leier van die DA, het haar teenstander, John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, uitgedaag tot vier regstreekse televisiedebatte.
Benewens hulle sal John Moodey, DA-leier in Gauteng, ook meeding vir die leisels wanneer dié party se aanlyn verkiesingskonferensie in Oktober plaasvind.
Ntuli het Maandag op ’n mediakonferensie vir Steenhuisen ’n week gegee om haar uitdaging oor die debatte te aanvaar of nie.