Die ATM-party se mosie van wantroue teen pres. Cyril Ramaphosa het ’n knou gekry nog voordat dit in die parlement gedebatteer kan word.
Die DA, die amptelike opposisie in die nasionale vergadering (NV), het Vrydag gesê hy gaan nie die mosie steun wanneer dit volgende Donderdag gedebatteer en daaroor gestem gaan word nie.
Thandi Modise, speaker van die NV, het Donderdag gesê sy het die versoek van ATM, wat net twee LP’s het, vir so mosie van wantroue goedgekeur.