Skerp vrae word gevra oor prestasiebonusse vir die Mangaung-metro se stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, en sy departementshoofde.
Volgens wet mag hulle tussen 5% en 14% van hul salaris bykomend as prestasiebonusse kry indien hul doelwitte behaal is.
Dirk Kotzé, ’n DA-raadslid, het gesê dit is ongehoord dat die metro-munisipaliteit se hoës aan hulself prestasie-bonusse toeken terwyl dienslewering in die stad ’n laagtepunt bereik het.