Dagga is ’n onbenutte bedryf en kan bydra tot die ekonomiese herstel van die Wes-Kaap, sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou
“Dié sektor beskik oor enorme potensiaal om klein, middelslag- en mikro-ondernemings te ontwikkel, plaaslike en buitelandse beleggings te lok en waarde toe te voeg deur die verwerking en vervaardiging van verskillende produkte vir plaaslike en uitvoermarkte,” het Meyer Woensdag in ’n verklaring gesê ná ’n besoek aan die Felbridge Cannabis-plaas buite Stellenbosch.
Volgens Meyer word die plaaslike daggabedryf op R28 miljard geraam en kan dit bydra tot die skep van tussen 10 000 en 25 000 werkgeleenthede.