Adj.pres. David Mabuza het ’n vurige pleidooi vir eenheid in die ANC gelewer en sê faksiegevegte en korrupsie in die regerende party moet einde kry.
Faksiegevegte en korrupsie is “twee demone” wat ANC-geledere sedert 1994 ingesluip het, het Mabuza Donderdag in Polokwane gesê toe hy die Peter Mokaba-gedenklesing gelewer het.
“Ons moet teen dié demone veg.”