Die departement van verdediging het Sondagaand wal gegooi oor bewerings in ’n Sondagkoerant dat ’n onlangse vlug van pres. Cyril Ramaphosa na die Demokratiese Republiek die Kongo sowat R2,6 miljoen gekos het.
Die koste van die vlug was sowat R1,6 miljoen, sê die departement.
Luidens die verklaring is die Suid-Afrikaanse Lugmag verantwoordelik vir alle amptelike vlugte van die president en hy vlieg gebruiklik met die presidensiële vliegtuig, Inkwazi.