Onteiening sonder vergoeding is ’n instrument om die nasie te breek wat niks met ware grondhervorming uit te waai het nie, sê die DA in die Noord-Kaap.
Dit is die party se mening nadat hy die onlangse openbare verhore in Pofadder, Upington, Kuruman en Kimberley bygewoon en ontevrede inwoners se besware aangehoor het.
Grantham Steenkamp, DA-woordvoerder in die Noord-Kaap, sê in die lig van die hoeveelheid mense wat op die onlangse openbare verhore daarteen uitgevaar het, is die voorgestelde wysiging van art. 25 net nóg ’n polities ontwerpte verhaal en nie ’n ware prioriteit vir die mense van die Noord-Kaap nie.