Die kommunikasie-maatskappy Digital Vibes het glo betaal vir onderhoudwerk aan eiendom wat aan dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, behoort.
Dié onthulling is gedoen deur die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh van die Scorpio-ondersoekeenheid van Daily Maverick.
Digital Vibes het glo ook minstens R300 000 oorbetaal aan ’n maatskappy wat die minister se seun besit.