Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag 27 Desember tot ’n openbare vakansiedag verklaar omdat Kersdag vanjaar op ’n Sondag val.
Die president het die deklarasie gemaak vanweë “die unieke omstandighede van die 2022-kalender en om die toepaslike beginsels en praktyke in die arbeidswet te handhaaf”, luidens ’n verklaring deur die presidensie.
Ramaphosa het die verklaring ingevolge art. 2(a) van die Wet op Openbare Vakansiedae (Wet 36 van 1994) gemaak.