Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) ontken gerugte dat die regering besig is om Suid-Afrikaners wat bande met ’n terreurgroep in die buiteland het as deel van ’n “geheime operasie” terug te bring.
Dirco het Saterdag in ’n verklaring gesê dié berigte is nie op feite gegrond nie.
Netwerk24 het vroeër berig die gerugte het die ronde begin doen ná ’n berig wat onlangs in Sunday Times verskyn het.