Nou is dit openlik oorlog in die ANC.
En die oorlog is tussen pres. Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu, minister van toerisme.
In ’n dag van hoë politieke drama het Sisulu Donderdagaand in ’n verklaring haarself van ’n verklaring deur die presidensie gedistansieer.