Bheki Cele, polisieminister, beloof dat die agterstand met die verwerking van DNS-toetse teen einde Januarie uitgewis sal wees, maar drukgroepe en nieregeringsorganisasies vertrou nie sy syfers nie.
Cele het op ’n mediakonferensie van die interministeriële komitee by die tweede geslagsgeweldberaad in Midrand gesê die agterstand is sedert April van 241 000 tot 71 000 verminder.
Maar Cele verskuif die doelpale.