Die Menseregtekommissie (MRK) het “irrasioneel” en “onwettig” opgetree deur hom en die EFF voor die hof te daag voordat ander kanale uitgeput is, sê Julius Malema, EFF-leier.
Hy het gereageer in beantwoordende hofstukke in die saak waarin die MRK die gelykheidshof in die Wes-Kaap vra om sy “doodmaak”-uitlatings onwettig te verklaar.
Die kommissie vra dat die hof Malema beveel om die uitlatings terug te trek en daarvoor om verskoning te vra.