Druk op die Zondo-kommissie neem toe om teen oudpres. Jacob Zuma op te tree nadat hy Donderdag ’n sitting van die kommissie sonder toestemming verlaat het.
Hierdeur het Zuma ’n dagvaarding van die kommissie geminag, en volgens kenners word hy gevolglik deur strafregtelike vervolging in die gesig gestaar.
Zuma is in die teepouse vort nadat adjunkhoofregter Raymond Zondo sy aansoek verwerp het dat Zondo homself as voorsitter van die kommissie moet onttrek.