Nou is dit die vorige minister van finansies se skuld dat die e-tol-kwessie nog nie opgelos is nie.
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Dinsdag tydens sy verskyning voor die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer die skuld op Tito Mboweni gepak en ook gewaarsku dat daar nie meer geld is om paaie in Suid-Afrika in stand te hou nie. “Dit gaan al hoe slegter word.”
Mbalula het gesê Mboweni, voormalige minister van finansies wat op 5 Augustus verlede jaar bedank het, het hom met die e-tol-probleem gelos.