Was die lang gewag vir die “nuwe” kabinet van pres. Cyril Ramaphosa toe die moeite werd?
Baie mense sal sê dit was nie.
Die president se keuses is reeds Maandagaand kort ná sy aankondiging wyd gekritiseer en daar bestaan twyfel of die kabinet al die krisisse in die land sal oplos.