Die laaste verslag van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is nie goeie nuus vir pres. Cyril Ramaphosa nie.
Hoofregter Raymond Zondo bevind onder meer dat Ramaphosa se “stille teenstand” niks gedoen het om staatskaping te verhoed nie en dat hy hom sterk daarteen moes uitgespreek het toe hy die land se adjunkpresident onder oudpres. Jacob Zuma was.
Dit kon volgens Zondo ’n beduidende verskil aan die geveg teen staatskaping gemaak het omdat dit ander kabinetslede of lede van die ANC kon aangespoor het om ook uit te praat teen staatskaping.