Sportstadions landwyd moet ter wille van die ekonomie dadelik ten volle vir toeskouers oopgestel word om sport- en kultuurbyeenkomste te kan bywoon.
So het Julius Malema, EFF-leier, Donderdag ten tyde van ’n betoging in die Pretoriase middestad gesê. Dit was nadat hy namens die EFF ’n memorandum aan die departement van sport, kuns en kultuur oorhandig het.
Nathi Mthetwa, minister van sport, kuns en kultuur, het vroeër reeds gesê hy is nie by magte om iets aan die saak te doen nie en die EFF weet dit.