Die EFF dreig om ’n mosie van wantroue in die parlement teen pres. Cyril Ramaphosa in te stel in ’n poging om hom as staatshoof van die land te verwyder.
Floyd Shivambu, EFF-onderleier, het Woensdag in ’n toespraak dit duidelik gemaak dat die EFF sy mes vir Ramaphosa slyp weens die bewerings in verband met die diefstal op sy wildplaas Phala Phala in Limpopo in Februarie 2020.
“Wanneer ons terugkeer na die parlement en ’n mosie van wantroue instel, sal Ramaphosa dit nie oorleef nie,” het Shivambu aan ondersteuners gesê.