“Ons loof die hof wat nie gehoor gegee het aan onwettige pogings om ’n wettige betoging te stuit nie.”
Dit was Saterdag die reaksie van die EFF in ’n verklaring nadat die hooggeregshof in Johannesburg die oggend nie ’n interdik aan die DA toegestaan het om die #NationalShutdown-betogings in sy geheel onwettig te verklaar nie.
Die hof het hulle wel verbied om deel te neem of ander aan te hits om deel te neem aan enige onwettige optrede en/of onwettige protesaksie en om geweld aan te hits of om dit te organiseer.