Dis sensasioneel, ongegrond en versin, sê die IVP oor die bewerings van die EFF Dinsdag dat senior IVP-leiers ’n “politieke sluipmoordkomplot” teen Marshall Dlamini, sy sekretaris-generaal, smee.
Volgens die EFF het die polisie hom oor die komplot ingelig.
“Luidens die betroubare intelligensieverslae glo senior leiers van die IVP dat Dlamini verantwoordelik is vir die gesamentlike besluit wat ons geneem het om mosies van wantroue teen IVP-burgemeesters in verskeie munisipaliteite in KwaZulu-Natal in te stel en te ondersteun,” sê Sinawo Thambo, EFF-woordvoerder.